Die D6-Kommunikeerder is ‘n kommunikasiemedium wat deur die skool gebruik word om met ons skoolgemeenskap te kommunikeer. Dit is belangrik dat elke ouer en belanghebbende by ons skool hierdie toepassing op u foon of rekenaar het.

Gebruik die webadres (d6 downloads) om die toepassing op u foon of rekenaar te kan aflaai of klik eenvouding op die skakel “D6 Kommunikeerder”.

Volg die aanwysings op die webblad om te installeer. Kies “South Africa” as u land. U sal dan gevra word om die naam van die skool in te tik. Sodra u Lucas Meyer Laerskool begin tik, verskyn daar reeds ‘n lys van geregistreerde skole waaruit u ons skool kan kies.