KOOR: Ons is baie trots op ons senior koor wat al baie goed in kompetisies gevaar het. Met die KykNet-program ‘Sing in Harmonie’ (Oktober 2019) was ons bevoorreg om die kategorie vir die Beste Gewyde lied te WEN!

Leerders van graad 4 – 7 neem aan oudisies deel om lid van die koor te kan wees.

Onder leiding van mev. Carin Lombard gaan ons koor nog baie hoë hoogtes bereik.

REDENAARS: LMS se leerders neem aan ons eie Redenaarskompetisie deel. Leerders vanaf graad 1 -7 kan deelneem. Ons het 3 kategorieë (gr. 1-3; gr. 4 en 5 asook gr 6 en 7). LMS gebruik die ATKV temas vir moontlike toesprake en daarna kwalifiseer leerders om aan die ATKV kompetisie deel te neem.

Ons het ook al n paar jaar in ń ry as wenners van die EG Jansen kompetisie die beker huis toe gebring.