Facebook Amptelike Blad
𝐄𝐄𝐑𝐒𝐓𝐄 𝐍𝐄𝐓𝐁𝐀𝐋𝐒𝐏𝐀𝐍 𝐁𝐎𝐑𝐆𝐄
𝟏𝟑 𝐀𝐏𝐑𝐈𝐋 𝟐𝟎𝟐𝟔![]()
By Lucas Meyer glo ons daaraan om saam te groei, en sonder ons borge sou dit nie moontlik wees nie! ![]()
Ons sê vandag dankie aan die besighede en individue wat betrokke was by die borg van ons 1ste Netbalspan se nuwe klere. ![]()
LMS wil graad die volgende besighede bedank:
*Cilliers Optometrists (Mev. Marietjie Cilliers)
*Cilliers Contractors (Mnr. Tiens Cilliers)
*Pick n Pay Vryheid (Mnr. Bert-Jan Willemse)![]()
Julle bydrae verseker dat ons spanne nie net hul beste gee op die baan nie, maar ook spoggerig lyk terwyl hulle dit doen.![]()
#lms2026
#WerkEnGroei
#dankbaar
#baiedankie
#netbalnuus
#OnsWaardeerJulle
#eerstespan
𝐃𝐈𝐄 𝐆𝐄𝐇𝐄𝐈𝐌 𝐈𝐒 𝐔𝐈𝐓!
𝐋𝐌𝐒-𝐊𝐨𝐧𝐬𝐞𝐫𝐭![]()
Ons is vreeslik opgewonde om uiteindelik ons konsert-tema vir 2026 bekend te stel! Hierdie September neem LMS julle op 'n reis "Van skets na skouspel".![]()
Hou ons Facebook-blad dop vir meer inligting, maar vir nou… skryf hierdie datums in julle dagboeke:![]()
𝟏𝟒 𝐭𝐨𝐭 𝟏𝟕 𝐒𝐞𝐩𝐭𝐞𝐦𝐛𝐞𝐫 𝟐𝟎𝟐𝟔.![]()
Dit gaan 'n skouspel wees wat jy nie wil misloop nie!![]()
#lms2026
#WerkEnGroei
#konsert
#skouspel
#opgewonde
#moetditniemisnie
#sienjoudaar
𝐀𝐤𝐚𝐝𝐞𝐦𝐢𝐞𝐬𝐞 𝐔𝐢𝐭𝐧𝐞𝐦𝐞𝐧𝐝𝐡𝐞𝐢𝐝: 𝐓𝐨𝐩 𝟏𝟎 𝐯𝐚𝐧 𝐊𝐰𝐚𝐫𝐭𝐚𝐚𝐥 𝟏
𝟏𝟑 𝐀𝐩𝐫𝐢𝐥 𝟐𝟎𝟐𝟔![]()
Hulle het die ekstra myl geloop, laatnagte geleer en hul beste gegee! Baie geluk aan ons Top 10 leerders van Graad 4 – 7 vir die eerste kwartaal van 2026.![]()
Ons weet dat hierdie punte nie sommer vanself gekom het nie, maar die gevolg is van onvermoeide ywer. Ons salueer julle toewyding aan jul studies. Hou so aan – die vrugte van julle arbeid is soet!![]()
#lms2026
#WerkEnGroei
#akademie
#trots
#toptien
#hardewerkwordbeloon
#Welgedaan
𝐑𝐔𝐆𝐁𝐘𝐍𝐔𝐔𝐒: 𝐍𝐊𝐙𝐍 𝐑𝐔𝐆𝐁𝐘
𝟏𝟐 𝐀𝐩𝐫𝐢𝐥 𝟐𝟎𝟐𝟔![]()
Dit is vir ons ’n reuse voorreg om drie van ons rugbyspelers geluk te wens met hul insluiting in die NKZN-rugbyspanne! Julle het op die veld gewys van watter staal julle gemaak is en ons is ongelooflik trots op hierdie mylpaal.![]()
Ons kan nie wag om te sien hoe julle op die veld presteer nie. Die hele LMS staan bankvas agter julle!![]()
#lms2026
#WerkEnGroei
#rugby
#NKZN
#geluk
#lmstrots
