Ons skool en koshuis

Ons het ’n baie mooi, kindervriendelike koshuis wat goed ingerig is vir laerskoolleerders, met gebalanseerde etes van hoogstaande gehalte.

Die leerders se tuiswerk word deur ’n ekstra personeellid gekontroleer en daar is spesiale studietye. Sien die koshuispersoneel en die koshuisbeleid.

Kleuterskool

Ons Graad RR- en Graad R-klasse is deel van die skool se grondslagfase. Sien die personeelblad vir die kleuterskoolonderwysers, of kontak ons vir ’n besoek.

Akkommodasie & aansoeke

Aansoekvorms vir die skool en die koshuis is beskikbaar op die Dokumentasie-blad. Kyk gerus ook na ons fotoalbum.